Daniel 11:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal sy krag en sy moed verwek teen die koning van die Suide met 'n groot leër; en die koning van die Suide sal aangehits word om te veg teen 'n baie groot en magtige leër; maar hy sal nie bestaan nie, want hulle sal planne teen hom voorspel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dan sal hy gereedmaak en met ’n sterk leër teen die koning van die suide optrek. Die koning van die suide sal ook ’n baie groot en sterk weermag teen hom op die been bring. Hy sal egter nie teen hom opgewasse wees nie, want daar is ’n slim plan teen hom beraam. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sal sy krag en sy hart opwek teen die koning van die Suide met 'n groot leër; en die koning van die Suide sal hom in die oorlog begewe met 'n groot en baie sterk leër, maar hy sal nie standhou nie, want hulle sal planne teen hom beraam. |
| Afrikaans 1983 | “Hy sal al sy krag inspan teen die koning van die suide en hom aandurf met 'n groot leër. Die koning van die suide sal hom met 'n groot en sterk leër gereed maak vir die geveg, maar hy sal nie standhou nie omdat daar sameswerings teen hom sal wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Hy sal krag en moed bymekaarskraap om met 'n groot leër teen die koning van die Suide op te trek. Die koning van die Suide sal gereedmaak vir die geveg met 'n groot en besonder sterk leër; maar hy sal nie staande bly nie, want hulle sal planne teen hom beraam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dan sal hy baie soldate bring om oorlog te maak teen die koning van die suide, en die koning van die suide sal gereedmaak om oorlog te maak. Die koning van die suide sal baie en sterk soldate bymekaarmaak, maar hy sal die oorlog verloor, want sy eie mense sal planne maak teen hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan sal hy ’n groot leër bymekaarmaak om die koning van die suide aan te val. Die koning van die suide sal hom inwag met sy eie sterk en groot leër, maar dit sal hom niks baat nie, omdat daar stilletjies ’n komplot teen hom gesmee is. |