Daniel 11:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal vreedsaam ingaan tot in die vetste plekke van die provinsie; en hy moet doen wat sy vaders en sy vaders nie gedoen het nie; prooi en buit en rykdom sal hy onder hulle verstrooi; ja, en hy sal sy planne teen die vestings uitreik, ja, vir 'n tyd.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal stil-stil in die ryk gebiede van die land kom en iets doen wat sy voorouers en hulle voorouers nooit gedoen het nie: hy sal hierdie gebiede roof en plunder. Hy sal planne beraam teen vestings, maar dit sal net vir ’n tydjie aanhou.
Afrikaans 1933/1953 Onverwags en in die vetste dele van die provinsie sal hy inkom, en hy sal doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie: roof en buit en goed sal hy onder hulle uitstrooi en teen vestings planne beraam, maar net vir 'n tyd.
Afrikaans 1983 Hy sal ryk gebiede van 'n provinsie onverwags binnegaan en doen wat sy voorgangers nie kon regkry nie: hy sal wat hy buit en roof en in besit kry, uitdeel. Hy sal vestingstede met slim planne in die hande kry, maar dit sal van korte duur wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal onverwags in die ryk dele van 'n provinsie ingaan en doen wat sy vaders en grootvaders nie gedoen het nie: Buit, geroofde goed en besittings sal hy vir hulle uitdeel. Teen versterkte stede sal hy sy planne beraam, maar net vir 'n tyd lank.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Hy sal kom in 'n land waar daar baie ryk mense is, niemand sal hom kan keer nie. Hy sal doen wat die konings voor hom nie gedoen het nie. Hy sal al die goed wat hy daar vat, vir sy mense gee. Hy sal slim planne maak om oorlog te maak teen die stede wat sterk mure het. Maar hy sal dit nie lank doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal sonder waarskuwing een van die rykste provinsies binneval en vieslike dinge doen waarvan sy voorgangers nie eens gedroom het nie: hy sal die buit wat hy van die rykes gevat het vir sy volgelinge gee om dit onder hulle te verdeel. Hy sal ook planne maak om van die versterkte stede van die ander volke aan te val, maar dit sal nie lank wees voor die uurglas vir hom leegloop nie.