Daniel 11:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat die verbond met hom gesluit is, sal hy bedrieglik werk, want hy sal optrek en sterk word saam met 'n klein volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal deur bedrog ooreenkomste sluit. Met slegs ’n handjievol ondersteuners sal hy sterk word.
Afrikaans 1933/1953 Want sodra 'n bondgenootskap met hom aangegaan is, pleeg hy bedrog; en hy sal omhoog kom en met min manskappe sterk word.
Afrikaans 1983 Die veragtelike persoon sal troubreuk pleeg teen die bondgenootskappe wat met hom aangegaan word en hy sal groot en sterk word, al is sy nasie klein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat 'n bondgenootskap met hom aangegaan is, sal hy bedrog pleeg; so sal hy met min mense opgang maak en sterk word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie slegte man is die leier van min mense, maar hy sal ooreenkomste maak met baie mense en hy sal baie ooreenkomste breek. Daarom sal hy 'n sterk leier word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal deur leuens en skelmstreke met baie ander lande ooreenkomste sluit om homself te bevoordeel. Al regeer hy oor ’n klein volkie, sal hy al hoe magtiger word.