Daniel 11:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in sy eiendom sal 'n gemene persoon opstaan, aan wie hulle die eer van die koninkryk nie sal gee nie; maar hy sal in vrede inkom en die koningskap verkry deur vleiery. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “In sy plek sal ’n aanstootlike persoon koning word wat nie uit die koningsgeslag is nie. Hy sal ongemerk insluip en met omkopery die mag oorneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna sal 'n veragtelike in sy plek optree op wie geen koninklike waardigheid gelê was nie, maar hy sal onverwags kom en met liste die koninkryk bemagtig. |
| Afrikaans 1983 | “Hy sal opgevolg word deur 'n veragtelike persoon wat geen koninklike status besit nie, maar wat sy weg sal baan terwyl die mense niks vermoed nie en wat die mag sal kry deur slinksheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Dan sal 'n veragtelike persoon in sy plek opstaan aan wie die mense geen koninklike waardigheid toegeken het nie. Hy sal onverhoeds kom en op 'n slinkse wyse die koningskap oorneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daarna sal 'n slegte man koning van die noorde word. Hy sal nie 'n seun van 'n koning wees nie, maar hy sal koning word omdat hy skelm is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hy sal opgevolg word deur ’n slegte man wat nie die reg het om koning te wees nie. Maar hy sal niksvermoedende mense om die bos lei met sy skelm planne en die koningskap oorneem voordat hulle hulle oë kan uitvee. |