Daniel 11:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal in sy eiendom 'n verhoging van belasting opstaan in die heerlikheid van die koninkryk; maar binne enkele dae sal hy vernietig word, nie in toorn of in oorlog nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sy opvolger sal ’n afgevaardigde stuur om belasting te hef vir die onderhoud van die koninkryk. Hy sal egter na ’n kort tydjie sterf, maar nie deur geweld of deur oorlog nie.
Afrikaans 1933/1953 En in sy plek sal iemand optree wat 'n geldinsamelaar deur die pragtigste deel van die koninkryk sal laat deurtrek, maar binne enkele dae sal hy verbreek word, maar nie deur toorn of deur oorlog nie.
Afrikaans 1983 Hy sal opgevolg word deur iemand wat 'n belastinggaarder sal aanstel om die rykdom van die koninkryk te vergroot. Dié koning sal binne enkele jare om die lewe gebring word, maar nie in die openbaar of in 'n geveg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ In sy plek sal iemand opstaan wat 'n belastinggaarder rondstuur om die koninklike weelde in stand te hou; maar binne enkele dae sal hy verpletter word, egter nie deur toorn of deur oorlog nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ná hom sal 'n ander koning kom. Daardie koning sal iemand stuur om belasting by die ryk mense te vat. Iemand sal die koning doodmaak, maar nie in 'n oorlog nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy opvolger sal ’n belastingbeampte aanstel wat die koning sal verryk. Hy sal nie baie lank regeer voordat hy doodgemaak word nie. Dit sal nie as gevolg van oorlog of ’n openbare verhoor wees nie.