Daniel 11:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou sal ek jou die waarheid te kenne gee. Kyk, daar sal nog drie konings in Persië opstaan; en die vierde sal baie ryker wees as hulle almal, en deur sy krag deur sy rykdom sal hy almal opwek teen die ryk van Griekeland. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gaan nou die waarheid aan jou bekendmaak. Kyk, daar sal nog drie konings oor die Perse regeer. Dan sal daar ’n vierde koning kom wat baie ryker is as hulle almal. Hy sal sy rykdom gebruik om al sterker te word. Hy sal dan almal opsweep teen die koninkryk van die Grieke. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou sal ek jou die waarheid te kenne gee. Kyk, nog drie konings sal opstaan vir die Perse, en die vierde sal groter rykdom verwerf as almal; en as hy sterk is deur sy rykdom, sal hy alles in beweging bring teen die koninkryk van Griekeland. |
| Afrikaans 1983 | Wat ek jou nou gaan vertel, staan vas. Daar sal nog drie konings oor Persië regeer, en dan 'n vierde, wat ryker as al die voriges sal wees. As hy deur sy rykdom magtig geword het, sal hy die hele wêreld teen die Griekse ryk opsweep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En nou deel ek jou die waarheid mee: Kyk, nog drie konings gaan opstaan vir Persië. Die vierde sal groter rykdom byeenbring as al die ander. En wanneer hy deur sy rykdom sterk word, sal hy almal aanhits teen die koninkryk van Jawan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wat ek nou vir jou sal sê, sal gebeur. Nog drie konings sal oor Persië regeer. Die laaste koning sal ryker wees as al die ander konings. En omdat hy ryk is, sal hy sterk wees en hy sal almal gebruik om oorlog te maak teen die koning van die Grieke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wat ek jou nou gaan vertel, is die waarheid. Daar gaan nog drie konings oor Persië regeer. Na hulle kom daar ’n vierde koning, wat baie ryker as die ander gaan wees. Sy rykdom sal hom baie invloedryk maak en hy sal dit gebruik om al die ander wêreldmagte op te sweep om teen Griekeland in opstand te kom. |