Daniel 11:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna sal hy sy aangesig na die eilande wend en baie inneem; sonder sy eie smaad sal hy dit op hom laat draai. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hy sal ook besluit om groot kusgebiede te verower. ’n Ander leier sal egter ’n stokkie voor sy planne steek en hy sal onverrigter sake moet teruggaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna sal hy sy aangesig wend na die kuslande en baie daarvan verower; maar 'n aanvoerder sal aan sy gesmaad 'n einde maak, ja, hy sal sy gesmaad op homself laat terugval. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal die koning van die noorde hom toelê op die kusgebiede en baie verower, maar daar sal aan sy vermetele optrede 'n einde gemaak word deur 'n ander leier vir wie hy nie in gelyke munt sal kan terugbetaal nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal hy sy aandag vestig op die eilande en baie daarvan inneem, maar 'n •aanvoerder sal sy onbeskaamdheid vir hom tot 'n einde bring; sy onbeskaamdheid sal hy hom vergeld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daarna sal die hoogmoedige koning van die noorde oorlog maak teen die mense wat naby die see woon, en hy sal baie mense oorwin. Maar 'n ander leier sal oorlog maak teen die hoogmoedige koning en hy sal die hoogmoedige koning wen en hom verneder. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal die koning van die noorde die kusgebiede inneem. Maar ’n sterk leier van ’n ander gebied sal ’n einde maak aan sy arrogante optrede. Hy sal hom in eie munt terugbetaal. |