Daniel 11:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal ook sy aangesig rig om in te gaan met die sterkte van sy hele koninkryk, en die opregtes saam met hom; so moet hy doen: en hy sal hom 'n dogter van die vroue gee, haar verderf; maar sy sal nie aan sy sy staan en nie vir hom wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal dan besluit om op die sterkte van die mag van sy koninkryk met die koning van die suide ’n ooreenkoms te sluit. Hy sal hom met een van sy vroue se dogters laat trou om hom onderdanig te hou. Die plan sal egter nie vir hom uitwerk nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy sal sy aangesig daarop rig om met die sterkte van sy hele koninkryk te kom, maar hy sal met hom vrede sluit; en hy sal vir hom 'n jongedogter gee om die land te gronde te rig. Maar dit sal nie tot stand kom nie, en daar sal niks vir hom wees nie.
Afrikaans 1983 Hy sal besluit om die volle krag van sy koninkryk teen die koning van die suide in die stryd te werp en sal, om dié se koninkryk te vernietig, met hom 'n bondgenootskap sluit en dit bekragtig deur aan hom 'n besonderse meisie as vrou te gee. Die plan sal egter nie geluk nie, daar sal niks van kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal hom voorberei om met die volle mag van sy koninkryk te kom, maar sal tog 'n ooreenkoms aangaan en 'n dogter van een van sy vroue aan die koning van die Suide gee om die koninkryk te vernietig. Maar dit sal nie slaag nie, en dit sal nie tot sy voordeel strek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal hy probeer om 'n ooreenkoms te maak met die koning van die suide sodat hy daardie koning se land vir hom kan vat. Die koning van die noorde sal vir die koning van die suide 'n vrou gee sodat sy plan kan slaag. Maar die plan sal nie slaag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal planne maak om sy volle weermag teen die koning van die suide te gebruik om hom te verslaan. As deel van die plan sal hy met die koning van die suide ’n ooreenkoms sluit en selfs sy dogter met hom laat trou. Maar hierdie plan sal nie slaag nie.