Daniel 11:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy wat teen hom kom, sal handel volgens sy wil, en niemand sal voor hom standhou nie; en hy sal staan in die heerlike land wat deur sy hand verteer sal word.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die koning van die noorde sal oorwinnend opmarsjeer en niemand sal hom kan stuit nie. Hy sal opruk na die mooi land van Israel om dit te vernietig.
Afrikaans 1933/1953 En hy wat uit die Noorde teen hom kom, sal maak net soos hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie; hy sal ook gaan staan in die Pragtige Land, terwyl daar verdelging in sy hand is.
Afrikaans 1983 Hierdie invaller sal maak soos hy wil, niemand sal hom in die weg staan nie. Hy sal ook die beloofde land in besit neem en dit ten volle in sy mag kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat teen die Suide optrek, sal doen net wat hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie. Hy sal hom vestig in die land van die Sieraad en volslae vernietiging sal in sy hand wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van die noorde sal doen wat hy wil. Niemand sal hom keer nie. Hy sal ook die pragtige land vir homself vat en hy sal dit verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning van die noorde sal doen net wat hy wil en niemand sal in sy pad staan nie. Hy sal ook in die Beloofde Land intrek en dit oorneem.