Daniel 11:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal die koning van die Noorde kom en 'n berg oprig en die mees versterkte stede inneem; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning van die noorde sal dan kom en een van die versterkte vestings beleër. Hy sal dit inneem. Die mag van die koning van die suide sal hom nie kan teenstaan nie. Selfs sy beste manskappe sal hom nie kan keer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sal dan die koning van die Noorde kom en 'n wal opwerp en 'n versterkte stad inneem; en die leërs van die Suide sal nie standhou nie, selfs sy uitgesoekte manskappe nie, sodat daar geen krag sal wees om stand te hou nie. |
| Afrikaans 1983 | “Dan sal die koning van die noorde 'n vestingstad beleër en dit inneem, en die magte van die suide sal nie kan standhou nie. Selfs die keurtroepe sal nie sterk genoeg wees om hom teë te hou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van die Noorde sal kom, 'n beleëringswal ophoop en 'n versterkte stad inneem. Die magte van die Suide sal nie standhou nie, ook nie die keurtroepe nie, en daar sal geen krag meer wees om weerstand te bied nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die koning van die noorde sal kom en hy sal 'n hoop grond gooi teen die sterk mure om die stad van die koning van die suide. Dan sal sy soldate oor die mure klim en hulle sal in die stad kom. Die koning van die suide en al sy sterk soldate sal nie die koning van die noorde kan keer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal die koning van die noorde een van die hoofstede omsingel, die mense uithonger en dit later inneem. Alhoewel die troepe van die suide baie dapper sal veg, sal hulle nie kan uithou nie. Selfs nie eers hulle beste soldate sal sterk genoeg wees nie. |