Daniel 11:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié tye sal daar baie opstaan teen die koning van die Suide; ook sal die rowers van jou volk hulle verhef om die gesig te bevestig; maar hulle sal val.
Afrikaans (NLV) 2011 In daardie tyd sal baie teen die koning van die suide in opstand kom. Gewelddadige mense uit jou volk sal gewerf word om die visioen te verwesenlik. Hulle sal egter misluk.
Afrikaans 1933/1953 En in die tye sal baie teen die koning van die Suide opstaan, en die gewelddadige mense van jou volk sal hulle verhef om 'n gesig in vervulling te laat gaan, maar hulle sal omkom.
Afrikaans 1983 In daardie tyd sal baie teen die koning van die suide in opstand kom, en ook uit jou volk sal mense wat geweld voorstaan, in opstand kom met die gedagte dat 'n visioen so in vervulling gaan, maar hulle sal verslaan word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tydperke sal baie in opstand kom teen die koning van die Suide. Die gewelddadiges van jou volk sal hulle laat geld om 'n visioen te verwerklik, maar hulle sal tot 'n val kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “In daardie tyd sal baie mense nie meer die koning van die suide wil dien nie. Daniël, party mense van jou volk sal hom ook nie meer wil dien nie. Hulle sal dink hulle moet oorlog maak om vry te word. Maar die koning sal hulle laat doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baie mense sal dan in opstand kom teen die koning van die suide. Selfs van jou eie volk se rebelle sal daaraan deelneem. Maar hulle gaan in die moeilikheid beland.