Daniel 11:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die koning van die Noorde sal terugkom en 'n menigte groter as die voriges oprig, en sal beslis na verloop van sekere jare kom met 'n groot leër en met baie rykdom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die koning van die noorde sal ’n leër op die been bring wat nog groter is as die vorige. Na ’n paar jaar sal hy terugkom en met ’n geoefende en goed toegeruste weermag opruk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal die koning van die Noorde weer 'n groter menigte op die been bring as die eerste, en nverloop van tyd, van jare, sal hy sekerlik kom met 'n groot leër en 'n groot gevolg. |
| Afrikaans 1983 | Die koning van die noorde sal terugkom nadat hy 'n groter leër op die been gebring het as die vorige, en na verloop van 'n aantal jare sal hy sy verskyning maak met 'n groot en goed toegeruste leër. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Dan sal die koning van die Noorde terugkeer en 'n menigte op die been bring, meer as die eerste keer. Ná verloop van tyd, ná jare, sal hy beslis kom met 'n groot leër en met baie toerusting. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van die noorde sal teruggaan en hy sal nog meer soldate bymekaarmaak. Ná 'n lang tyd sal hy kom en hy sal baie soldate en baie wapens saambring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die koning van die noorde sal teruggaan na sy land toe en vir hom nog ’n groter leër as die vorige keer bymekaarmaak. Later sal hy terugkom, maar hierdie keer met ’n baie sterker leër as voorheen. |