Daniel 11:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar sy seuns sal opgewek word en 'n menigte groot leërs bymekaarmaak; en een sal beslis kom en oorstroom en deurtrek; dan sal hy terugkeer en in beroering kom tot by sy vesting. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy seuns sal egter ’n groot leër bymekaarmaak en die suide soos ’n vloedgolf binneval. Hulle sal opruk tot by die suidelike koning se vesting en dit inval. Daarna sal hulle weer na hulle eie grondgebied terugkeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy seuns sal hulle in die oorlog begewe en 'n menigte groot leërs versamel; en hy sal sekerlik aankom en instroom en oorloop, en weer terugkom, en hulle sal oorlog voer tot by sy vesting. |
| Afrikaans 1983 | “Sy seuns sal hulle vir oorlog klaarmaak en groot leërs bymekaarmaak. Een van hulle sal al verder en verder opruk soos 'n vloedgolf wat alles oorspoel, en hy sal uiteindelik die vesting van die koning van die suide aanval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Sy seuns sal vir oorlog gereedmaak en 'n menigte groot leërs byeenbring. Dié menigte sal die land binneval; hulle sal binneval, instroom en oorstroom, dan terugval, en daarna deurdring tot by sy vesting. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dan sal die seuns van die koning van die noorde baie soldate bymekaarmaak. Die koning van die noorde en sy soldate sal kom soos 'n watervloed wat oor alles vloei. Hy sal gereedmaak en hy sal die koning van die suide aanval in die stad wat sterk mure het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sy seuns sal hulle later vir oorlog klaarmaak en ’n groot leër bymekaarmaak. Hulle sal soos ’n vloedgolf water aangerol kom tot by een van die hoofstede van die koning van die suide. |