Daniel 11:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het ook in die eerste jaar van Daríus, die Meder, gestaan om hom te bevestig en te versterk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sedert die eerste regeringsjaar van Darius die Mediër het ek Migael bygestaan en hom ondersteun. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek, in die eerste jaar van Dar¡us, die Meder, het ek opgetree as 'n versterking en beskutting vir hom. |
| Afrikaans 1983 | “In die eerste regeringsjaar van Darius die Mediër het ek opgetree om hom te bemoedig en te beskerm. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Wat my betref, in die eerste regeringsjaar van Darius, die Meder, het ek vasgestaan as 'n ondersteuner, as 'n vesting vir hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “In die eerste jaar nadat die Mediër Darius koning geword het, was dit my werk om hom te help en te beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek en Migael staan reeds sedert die eerste jaar van koning Darius die Mediër se regering sy aan sy om mekaar te help en te versterk.” |