Daniel 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het ek alleen agtergebly en hierdie groot gesig gesien, en daar het geen krag in my oorgebly nie, want my skoonheid het in my verander in verderwing, en ek het geen krag behou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe alleen agtergebly en na hierdie visioen staan en kyk. Daar het nie ’n greintjie krag in my oorgebly nie. Ek het doodsbleek geword en daar het geen krag in my oorgebly nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe het,k alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.
Afrikaans 1983 en ek alleen agtergebly het. Toe ek hierdie indrukwekkende visioen sien, het ek magteloos en doodsbang geword en het ek geen krag meer gehad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het alleen agtergebly en het hierdie groot verskyning gesien. Daar was geen krag in my oor nie, en my gelaatskleur het verander na doodsbleek. Ek kon nie my kragte herwin nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was alleen en ek het die man gesien. Ek was baie bang, my gesig was baie bleek en ek het baie swak geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het stom van verbasing alleen daar bly staan en na die visioen gekyk. Dit was so indrukwekkend dat ek net magteloos kon staan en kyk. Ek was doodsbleek van die skrik en verbystering.