Daniel 10:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, want die manne wat by my was, het die gesig nie gesien nie; maar 'n groot bewing het op hulle geval, sodat hulle gevlug het om hulle weg te kruip.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was net ek, Daniël, wat hierdie gesig gesien het. Die mans wat saam met my was, het dit glad nie gesien nie. Hulle het skielik baie bang geword en weggehardloop om te gaan wegkruip.
Afrikaans 1933/1953 En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het 'n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg.
Afrikaans 1983 Net ek, Daniël, het die visioen gesien. Die mense by my het dit nie gesien nie. Tog was hulle so skrikbevange dat hulle gevlug en weggekruip het
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek, Daniël, het alleen die verskyning gesien; die manne wat saam met my was, het nie die verskyning gesien nie. Groot vrees het hulle egter oorval, en hulle het gevlug om weg te kruip.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Net ek, Daniël, het die man gesien. Die manne wat by my was, het niks gesien nie, maar hulle het groot geskrik en hulle het weggekruip.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net ek kon die visioen sien, maar nogtans het die mense wat by my was so bang geword dat hulle weggehardloop en gaan wegkruip het.