Daniel 10:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het geen lekker brood geëet nie, en daar het geen vleis of wyn in my mond gekom nie, en ek het myself glad nie gesalf nie, totdat drie hele weke om was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het nie in daardie drie weke enige geurige kos of vleis geëet nie. Ek het nie eers aan wyn geraak nie. Ek het ook nie van enige geurige olie gebruik gemaak nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was. |
| Afrikaans 1983 | Ek het die volle drie weke geen lekker kos geëet nie, my mond nie aan vleis of wyn gesit nie en geen reukolie gebruik nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aangename kos het ek nie geëet nie, en vleis en wyn het by my mond nie gekom nie. Ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke verby was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het nie lekker kos geëet nie, ek het nie vleis geëet en wyn gedrink nie, en daardie drie weke het ek nie olyf-olie aan my gesmeer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In hierdie tyd het ek glad nie enige ryk kos of vleis geëet nie. Ek het ook nie wyn gedrink of gebad en my hare gekam nie. |