Daniel 10:21 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek sal jou wys wat in die Skrif van waarheid opgemerk is; en daar is niemand wat my in hierdie dinge vashou nie, behalwe Migael, jou prins.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek moet vir jou sê wat in die Boek van die Waarheid geskryf staan. Daar is niemand wat saam met my hierdie leier kan teenstaan nie behalwe Migael, julle leier.”
Afrikaans 1933/1953 Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors M¡gael.
Afrikaans 1983 Maar eers sal ek jou vertel wat in die Boek van die Waarheid opgeteken is. Daar is niemand wat my teen hulle bystaan nie behalwe julle engel Migael.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal jou egter inlig oor wat opgeteken is in die geskrif van die waarheid. Daar is nie een wat my kragdadig ondersteun teen hierdie vorste nie, behalwe julle vors Migael.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ek moet eers vir jou vertel wat in die Boek van die Waarheid geskryf staan. Daarna moet ek terug, want ongelukkig is daar niemand anders om my teen die ander twee beskermengele te help behalwe Israel se beskermengel, Migael, nie.