Daniel 10:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou toe kom? en nou sal ek terugkeer om teen die Prins van Persië te veg; en as ek uittrek, kyk, die Prins van Griekeland sal kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sê toe: “Weet jy waaroor ek na jou toe gekom het? Ek moet teruggaan om te gaan veg teen die aanvoerder van die Perse. Ek moet uittrek om te veg, want die aanvoerder van die Grieke het opgeruk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland. |
| Afrikaans 1983 | Hy het toe vir my gesê: “Nou weet jy waarom ek na jou toe gekom het. En nou moet ek teruggaan om teen die engel van Persië te gaan veg, en as ek met hom klaar is, sal die engel van Griekeland kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hy sê toe, ‘Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet weldra terugkeer om te veg teen die vors van Persië. En wanneer ek daar uitkom, kyk, dan kom die vors van Jawan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [20-21] Die man het gesê: “Weet jy hoekom ek na jou toe gekom het? Ek moet nou teruggaan om oorlog te maak teen die engel van die Perse. Wanneer ek hom gewen het, dan sal die engel van die Grieke my aanval. Niemand help my om teen hulle oorlog te maak nie, net julle engel Migael help my. Maar ek sal nou vir jou sê wat geskryf is in die Boek van die Waarheid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê toe vir my: “Verstaan jy nou waarom ek na jou toe gekom het? Ek moet binnekort teruggaan om teen die beskermengel van Persië te veg. Nie lank daarna nie sal die beskermengel van Griekeland ook op die toneel verskyn. |