Daniel 10:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hoe kan die dienaar van hierdie my heer met hierdie my heer praat? want wat my aangaan, daar het dadelik geen krag in my oorgebly nie, en daar het geen asem in my oorgebly nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe kan Meneer se kneg nog met Meneer praat? Ek het nie die krag om regop te bly nie. Ek kan nie asem kry nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hoe kan so 'n geringe kneg van my heer met so 'n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie. |
| Afrikaans 1983 | Hoe kan ek, u dienaar, met iemand soos u praat, Meneer! My kragte het ingegee, ek kan skaars nog asemhaal.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe kon hierdie dienskneg van my heer dan met hierdie heer van my praat? En ek – van nou af bly daar geen krag oor in my nie; geen asem is meer oor in my nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is soos 'n slaaf vir Meneer. Ek kan nie met jou praat nie. Ek is te swak, ek het nie asem nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Watter reg het ek, wat maar net ’n doodgewone mens is, om met so ’n belangrike figuur soos u te praat? Ek het so geskrik dat ek skaars kan asemhaal.” |