Daniel 10:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, een soos die gelykenis van die mensekinders het my lippe aangeraak; toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat voor my gestaan het, gesê: O my heer, deur die gesig is my smarte op my gekeer, en Ek het geen krag behou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die een wat soos ’n mens lyk, het toe aan my lippe geraak. Ek het begin praat en vir die een wat voor my staan, gesê: “Meneer, die visioen het my ontstel. Ek is benoud. Ek is kragteloos. |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, een wat soos 'n mens gelyk het, het my lippe aangeraak. Toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat teenoor my staan, gesê: My heer, deur die gesig het krampe my oorval en het ek geen krag oorgehou nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe het iemand wat soos 'n mens gelyk het, my lippe aangeraak, en ek kon weer my mond oopmaak en praat. Ek het vir die een wat voor my gestaan het, gesê: “Meneer, die visioen het my so ontstel dat ek geen krag meer het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, toe het een met dieselfde voorkoms as mensekinders my lippe aangeraak. Daarna het ek my mond oopgemaak, gepraat en vir hom wat voor my staan, gesê, ‘My heer, as gevolg van die verskyning het 'n lamheid my oorweldig, en ek kon nie my kragte herwin nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het soos 'n mens gelyk en hy het aan my lippe geraak. Toe kon ek praat. Ek het vir die man voor my gesê: “Meneer, ek het groot geskrik toe ek jou sien. Ek is baie swak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die engel wat soos ’n mens gelyk het, het toe sy hand uitgesteek en aan my mond geraak. Daarna kon ek weer praat en ek het vir hom gesê: “Weet u, die visioen het my so ontstel dat ek nog steeds lam van die skok is. |