Daniel 10:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou het Ek gekom om jou te laat verstaan wat jou volk aan die einde van die dae sal gebeur, want nogtans is die gesig vir baie dae.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het gekom om vir jou te verduidelik wat in die laaste dae met jou volk sal gebeur. Die visioen het met daardie laaste dae te doen.”
Afrikaans 1933/1953 Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.
Afrikaans 1983 Ek het gekom om jou in te lig oor wat in die toekoms met jou volk gaan gebeur, want ook hierdie visioen sien op die tye wat kom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe gekom om jou insig te laat kry oor wat met jou volk sal gebeur aan die einde van die dae, want die visioen geld weer vir die toekoms.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gekom om vir jou te sê wat met jou volk sal gebeur en om dit vir jou te wys.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gekom om vir jou te kom verduidelik wat in die toekoms met jou volk gaan gebeur, want ook hierdie is ’n visioen oor die toekoms.”