Daniel 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die vors van die koninkryk van Persië het my een en twintig dae teëgestaan; maar kyk, Migael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ek het daar by die konings van Persië gebly.
Afrikaans (NLV) 2011 Die aanvoerder van die Persiese koninkryk het my 21 dae lank teengestaan. Migael, een van die belangrikste leiers, het my te hulp gesnel. Ek het hom daar gelos by die aanvoerders van die Perse.
Afrikaans 1933/1953 maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, M¡gael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en,k het daar oorgebly by die konings van Persië.
Afrikaans 1983 Die engel van die Persiese Ryk het my een en twintig dae lank teruggehou, maar toe het Migael, een van die vernaamste engele, my te hulp gekom en ek was nie meer nodig teen die Persiese konings nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die vors van die koninkryk van Persië het my een-en-twintig dae lank teengestaan. Maar kyk, Migael, een van die belangrikste vorste, het my te hulp gekom, en ek was oorbodig daar by die konings van Persië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die engel van die Perse het my 21 dae lank gekeer, maar 'n ander engel, Migael, het gekom en my gehelp, en ek kon toe weggaan van die Persiese konings. Migael is een van die leiers van die engele.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die beskermengel van die Persiese Ryk het my 21 dae lank gekeer om na jou toe te kom. Toe het Migael, een van die belangrikste leiers van die engele, my kom help. Daarom kon ek hom daar by die Persiese beskermengel los.