Daniel 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die derde jaar van Kores, die koning van Persië, is iets geopenbaar aan Daniël, wie se naam Beltsasar genoem is; en die saak was waar, maar die vasgestelde tyd was lank; en hy het die saak verstaan en die gesig verstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 In die derde jaar van Kores se bewind in Persië het Daniël, wie se ander naam Beltsasar was, nog ’n visioen gehad. Dit het gegaan oor dinge wat nog beslis sou gebeur. Dit sou ’n tyd van oorlog wees. Daniël het verstaan wat hierdie visioen beteken.
Afrikaans 1933/1953 In die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is 'n woord geopenbaar aan Daniël wat B,ltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid; en hy het die woord verstaan en insig gehad in die gesig.
Afrikaans 1983 In die derde regeringsjaar van koning Kores van Persië het Daniël wat Beltsasar genoem word, 'n openbaring ontvang. Dit was 'n egte openbaring, maar dit was moeilik om te verstaan. Tog het Daniël dit begryp nadat die betekenis daarvan in 'n visioen aan hom geopenbaar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die derde regeringsjaar van Kores, die koning van Persië, is 'n woord geopenbaar aan Daniël, wat Beltsasar genoem is. Die woord is betroubaar en gaan oor 'n groot stryd. Hy het die woord verstaan en insig gekry in die openbaring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daniël het 'n boodskap gekry. Dit was in die derde jaar nadat Kores koning geword het van Persië. Daniël se ander naam was Beltsassar. Die dinge wat Daniël gehoor het, het regtig gebeur. Dit was moeilik om die boodskap te verstaan, maar Daniël het verstaan, want hy het gesien wat sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die derde jaar van Kores se koningskap oor Persië het Daniël, wat ook Beltsasar genoem word, ’n openbaring gehad. Die boodskap het van God af gekom, maar dit was baie moeilik om te verstaan. Eers nadat die betekenis in ’n visioen verduidelik is, het ek, Daniël, verstaan waaroor dit gaan.