Colossians 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met Onesimus, 'n getroue en geliefde broer, wat een van julle is. Hulle sal aan julle bekend maak alles wat hier gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy kom met Onesimus, die getroue en geliefde broer; hy is een van julle. Hulle sal julle alles vertel wat hier gebeur het.
Afrikaans 1933/1953 saam met On,simus, die getroue en geliefde broeder wat van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.
Afrikaans 1983 Onesimus, die getroue medegelowige wat ek baie liefhet en wat een van julle is, gaan saam met hom. Hulle sal julle alles vertel van hoe dit hier gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek stuur hom saam met Onesimus, die getroue en geliefde broer, wat van julle af kom. Hulle sal julle alles van ons omstandighede hier vertel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek stuur ook vir Onesimus saam met Tigikus. Onesimus is 'n goeie vriend, en hy doen sy werk goed. Hy is een van julle. Onesimus en Tigikus sal vir julle alles vertel wat hier gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het Onesimus gevra om saam met Tigikus Kolosse toe te gaan. Hy is mos een van julle. Hy is net so betroubaar soos Tigikus en ons is ook baie erg oor hom. Hy is ’n lojale broer vir ons. Wat Tigikus vergeet om vir julle van ons te vertel, sal Onesimus sekerlik byvoeg.