Colossians 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My hele toestand sal Tigikus aan julle verkondig, wat 'n geliefde broer en 'n getroue dienaar en mededienskneg in die Here is: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tigikus, die geliefde broer en ’n getroue dienaar en mededienskneg van die Here, sal julle alles oor my omstandighede vertel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al my omstandighede sal T¡chikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak. |
| Afrikaans 1983 | Tigikus, die medegelowige wat ek baie liefhet, sal julle alles vertel van hoe dit met my gaan. Hy is 'n getroue dienaar en werk saam met my in diens van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tigikus, die geliefde broer, getroue dienaar en medewerker in die Here, sal alles oor my omstandighede aan julle bekend maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Tigikus sal vir julle alles vertel wat met my gebeur het. Hy is my goeie vriend, en hy doen sy werk vir die kerk goed. Hy werk baie hard saam met my vir die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek stuur my goeie vriend Tigikus terug na julle toe. Hy sal vir julle alles van my kom vertel. Ek hou regtig baie van hom. Hy werk hard vir die Here. ’n Mens kan op hom staatmaak. Ek weet, want ek werk saam met hom. |