Colossians 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur ook vir ons te bid dat God vir ons 'n deur van uitspraak sal oopmaak om die verborgenheid van Christus te verkondig, waarvoor ek ook in boeie is:
Afrikaans (NLV) 2011 Bid ter­selfdertyd ook vir ons, dat God ons ge­leentheid sal gee om oor die geheim van Christus te praat. Dis hoekom ek in die ge­vangenis is!
Afrikaans 1933/1953 en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is,
Afrikaans 1983 en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God vir ons 'n deur vir die Woord sal oopsluit, om die misterie van •Christus te verkondig – dit waarvoor ek in boeie is –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook vir ons bid. Ons wil graag hê dat God vir ons moet stuur om weer te gaan preek en vir mense die boodskap oor Christus te bring. Dit is 'n boodskap wat niemand voorheen geken het nie, maar God het dit nou vir ons gesê. Ek is nou in die tronk omdat ek die boodskap oor Christus gepreek het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet asseblief ook nie vergeet om vir ons te bid nie. Vra God om vir my deure oop te maak sodat ek vir die mense van Christus kan vertel.