Colossians 4:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê vir Arippus: Pas op vir die bediening wat jy in die Here ontvang het, dat jy dit vervul.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder, sê vir Argippus: “Maak seker dat jy die bedie­ning uitvoer wat jy in diens van die Here aanvaar het.”
Afrikaans 1933/1953 En sê aan Arch¡ppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het in die Here, dat jy dit vervul.
Afrikaans 1983 En sê vir Argippus: “Gee jou aandag aan die taak wat jy in diens van die Here aanvaar het, sodat jy dit kan voltooi.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sê ook vir Argippus: “Let op die bedieningsopdrag wat jy van die Here ontvang het, sodat jy dit uitvoer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vir Argippus sê hy moet onthou dat die Here vir hom 'n werk gegee het om te doen. Hy moet aanhou om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En, o ja, sê asseblief vir Argippus dat hy moet volhou met die taak wat die Here vir hom gegee het. Hy moet sorg dat hy dit klaarmaak.