Colossians 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wanneer hierdie brief onder julle gelees word, laat dit ook gelees word in die gemeente van die Laodicense; en dat julle ook die brief uit Laodisea lees.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder, wanneer hierdie brief klaar by julle voor­gelees is, moet julle sorg dat dit ook in die ge­meente van Laodisea voorge­lees word, en dat die een wat van Laodisea af sal kom, ook by julle voorgelees word.
Afrikaans 1933/1953 En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook die uit Laodic,a lees.
Afrikaans 1983 Wanneer hierdie brief klaar by julle voorgelees is, moet julle reëlings tref dat dit ook in die gemeente van die Laodisense voorgelees kan word; en die een wat van Laodisea af sal kom, moet ook by julle voorgelees word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wanneer hierdie brief by julle voorgelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van Laodisea voorgelees word, en dat julle ook die brief wat van Laodisea af kom, voorlees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle hierdie brief van my klaar gelees het, dan moet julle dit ook vir die gemeente in Laodisea stuur sodat hulle dit ook kan lees. Ek het ook vir hulle 'n brief gestuur. Julle moet dit ook lees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lees asseblief eers hierdie brief daar in julle gemeente. Stuur dit daarna na Laodisea toe vir hulle om te lees. Ek het ook ’n brief vir die gemeente in Laodisea gestuur en gevra dat hulle dit weer vir julle stuur.