Colossians 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus, wat Justus genoem word, wat uit die besnydenis is. Hierdie alleen is my medewerkers aan die koninkryk van God, wat vir my 'n troos was.
Afrikaans (NLV) 2011 Die­selfde geld ook vir Jesus wat Justus genoem word. Hulle twee is die enig­ste Jode wat met my saam­werk vir God se koningsheerskappy. Wat ’n troos is hul­le vir my!
Afrikaans 1933/1953 ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was 'n troos vir my.
Afrikaans 1983 Verder stuur Jesus, wat ook Justus genoem word, groete. Hulle drie is die enigste Jode wat saam met my werk vir die koninkryk van God. Hulle is vir my 'n groot troos.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dieselfde geld ook Jesus, wat Justus genoem word. Van diegene wat uit die besnydenis kom, is hulle die enigste medewerkers vir die •koninkryk van God, en hulle het 'n troos vir my geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus, sy ander naam is Justus, stuur ook groete vir julle. Hy en Aristargus en Markus is die enigste Jode wat my gehelp het om vir die mense te vertel dat God Koning is. Hulle het my baie gehelp.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle weet mos wat om te doen. Jesus, wie se ander naam Justus is, stuur ook groete. Hierdie mans is die enigste Jode wat enduit saam met my bly werk het om God Koning in mense se lewe te maak. Glo my, hulle het al baie vir my beteken.