Colossians 3:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Lieg nie vir mekaar nie, aangesien julle die ou man met sy werke afgelê het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie vir mekaar lieg nie. Julle het mos die vorige mens en sy praktyke soos klere uitgetrek |
| Afrikaans 1933/1953 | Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het |
| Afrikaans 1983 | en moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie vir mekaar lieg nie, aangesien julle die ou mens en sy gewoontes uitgetrek het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie vir mekaar lieg nie, want julle doen nie meer die dinge wat julle voorheen gedoen het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie lieg nie. Julle is eintlik soos iemand wat sy ou klere uitgetrek en nuwe klere aangetrek het. Die ou klere is julle slegte ou gewoontes en die verkeerde manier waarop julle geleef het. Daarvan moet julle ontslae raak soos van ou klere. |