Colossians 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer Christus, wat ons lewe is, verskyn, dan sal julle ook saam met Hom verskyn in heerlikheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom in heerlikheid verskyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer Christus verskyn, Hy wat julle lewe is, sal julle ook saam met Hom in heerlikheid verskyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is Christus wat die nuwe lewe vir julle gee. Hy sal weer kom, en dan sal almal weet dat julle aan Hom, die Koning, behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Christus gee julle daardie nuwe lewe. Wanneer Christus eendag weer kom, sal julle almal by Hom kan gaan staan as mense wat Hy lewend gemaak het. Almal sal julle saam met Hom sien. Dan sal hulle ook sien hoe belangrik julle regtig vir God is. |