Colossians 3:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy wat onreg doen, sal ontvang vir die onreg wat hy gedoen het, en daar is geen aansien na die persoon nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie onreg doen, kry hulle onreg terug. God trek niemand voor nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen aanneming van die persoon nie. |
| Afrikaans 1983 | Wie onreg doen, sal gestraf word oor die onreg wat hy gedoen het; die Here trek niemand voor nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elkeen wat verkeerd doen, sal immers vir sy verkeerde dade vergeld word; niemand word volgens die uiterlike beoordeel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer mense verkeerd doen, dan sal die Here vir hulle gee wat hulle moet kry, Hy sal hulle straf. Hy doen reg aan almal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand dus nie doen wat God wil hê nie, sal hy maar die straf daarvoor moet dra. |