Colossians 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Diensknegte, wees in alles gehoorsaam aan julle here na die vlees; nie met oogdiens, as menplesers nie; maar in opregtheid van hart, God vrees:
Afrikaans (NLV) 2011 Slawe, julle moet julle eienaars hier op aarde in elke opsig gehoorsaam. Jul­le moenie mense pro­beer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart om­dat julle eer­bied vir die Here het.
Afrikaans 1933/1953 Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.
Afrikaans 1983 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte hart uit eerbied vir die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Slawe, julle moet julle aardse eienaars in alle opsigte gehoorsaam – nie met oëdiens asof julle mense wil behaag nie, maar met 'n opregte hart, uit ontsag vir die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Slawe, julle moet alles doen wat julle eienaars hier op die aarde sê julle moet doen. Julle moet die Here dien en daarom moet dit vir julle lekker wees om vir julle eienaars te werk. Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie net werk sodat mense van julle kan hou nie. Dit moet vir julle lekker wees om vir julle eienaars te werk omdat julle die Here respekteer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou kom ek by julle wat vir base werk. Doen wat julle aardse base van julle vra. Moenie skynheilig wees en net werk as hulle vir julle kyk nie. Wees eerlik en werk hard omdat die Here altyd vir julle kyk.