Colossians 3:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mans, julle moet julle vrouens liefhê en nie teen hulle verbitterd wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mans, julle moet julle vroue liefhê en julle moenie griewe teenoor hulle opbou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie. |
| Afrikaans 1983 | Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mans, julle moet julle vroue liefhê, en nie verbitterd teenoor hulle raak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mans, julle moet lief wees vir julle vroue. Julle moenie vir hulle laat swaarkry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mans, wees lojaal en liefdevol teenoor vroue. Moenie geïrriteerd raak met hulle nie. |