Colossians 3:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God en die Vader deur Hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verder, doen alles — of dit nou met woorde of dade is — in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. |
| Afrikaans 1983 | En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle behoort aan die Here Jesus. Daarom, al die dinge wat julle sê en doen, moet dinge wees wat Hy wil hê, en julle moet vir God die Vader dankie sê. Ja, julle moet vir Christus vra om vir God te sê julle sê dankie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. En dit kan alleen so wees as julle alles doen asof Jesus elke tree saam met julle gee. |