Colossians 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En laat die vrede van God in julle harte heers, waartoe julle ook in een liggaam geroep is; en wees dankbaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder, laat die vre­­de wat Christus bewerk het, in jul­le le­wens die deurslag gee; want as le­de van een lig­gaam is julle tot vrede ge­roep. En wees dank­baar.
Afrikaans 1933/1953 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
Afrikaans 1983 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Christus het vir julle vrede gegee en daardie vrede moet julle lewe regeer. God het julle gekies om een te wees, die een liggaam van Christus, sy kerk. Daarom moet julle in vrede met mekaar lewe. Julle moet ook dankbaar wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit moet ook vir julle baie belangrik wees om die vrede wat Christus vir julle gegee het, tot elke prys te bewaar. As julle met mekaar begin vassit, maak juis dan die keuse vir die vrede van Christus. Om die vrede te bewaar is belangrik, want God verwag van julle om soos een liggaam saam te werk. Hy wil geen dwarstrekkery hê nie. En moenie vergeet om altyd vir God dankie te sê vir al hierdie dinge nie.