Colossians 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En beklee julle bo al hierdie dinge met die liefde, wat die band van volmaaktheid is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam. |
| Afrikaans 1933/1953 | En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. |
| Afrikaans 1983 | Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die belangrikste is dat julle lief moet wees vir mekaar, want dan sal julle regtig aan mekaar behoort en heeltemal wees soos God wil hê julle moet wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tussen die klere wat God vir julle gegee het, is daar ’n kledingstuk wat alles perfek afrond. Jy moet dit altyd en oral dra. Hierdie kledingstuk is die liefde. As julle mekaar liefhet, leef julle presies soos God dit wil hê. Liefde hou julle naby mekaar soos julle veronderstel is om te wees. |