Colossians 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verdra mekaar en vergewe mekaar as iemand teen iemand twis het; soos Christus julle vergewe het, so moet julle ook doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Verdra mekaar en as enigeen ’n klag­te teen iemand anders het, vergewe me­kaar. Vergewe me­kaar soos die Here julle ver­gewe het.
Afrikaans 1933/1953 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
Afrikaans 1983 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verdra mekaar en, as enigiemand 'n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet geduldig wees met mekaar. As iemand iets verkeerd gedoen het, dan moet julle nie kwaad wees vir hom nie, julle moet hom vergewe. Die Here het julle vergewe, en so moet julle mekaar ook vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee mekaar ’n kans sonder om mekaar met kritiek uitmekaar te skeur. Kyk ook by mekaar se foute verby. Die Here het immers by al julle foute verbygekyk. Daarom word niks minder van julle verwag nie.