Colossians 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet julle met die nuwe mens beklee, wat vernuwe word tot kennis na die beeld van Hom wat Hom geskep het.
Afrikaans (NLV) 2011 en die nuwe mens aangetrek. Hierdie mens kry voort­durend nuwe insig en word só ver­ander en nuut gemaak om al meer soos sy Skepper te lyk.
Afrikaans 1933/1953 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
Afrikaans 1983 en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die nuwe mens aangetrek het, wat tot volle kennis en na die beeld van sy Skepper vernuwe word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle is nou nuwe mense. God het julle gemaak en Hy maak julle nuut sodat julle Hom kan ken en kan wees soos Hy is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het egter vir julle ook ’n nuwe stel klere gegee. Hierdie klere maak julle heeltemal nuut. Dit bring julle al hoe nader aan God. Julle leer Hom al hoe beter ken. Hoe beter julle Hom leer ken, hoe meer word julle soos Hy. So kom julle al hoe nader aan die doel waarvoor God julle gemaak het. God het ons gemaak om almal soos Christus te wees. Hy wil nie hê mense moet met mekaar vassit omdat hulle nie dieselfde lyk of nie dieselfde taal praat nie.