Colossians 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pasop dat niemand julle deur wysbegeerte en ydele bedrog buit, volgens die oorlewering van mense, volgens die beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleep­tou neem met ’n leë, mis­lei­den­de filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie.
Afrikaans 1933/1953 Pas op dat niemand julle as 'n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
Afrikaans 1983 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Pasop dat niemand julle meevoer deur 'n filosofie en leë bedrieëry, wat gegrond is op menslike tradisie en teorieë oor die kosmiese elemente, en nie op •Christus nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie luister na die mense wat dink hulle sê slim dinge en wat vir julle dinge laat glo wat nie waar is nie. Hulle het daardie dinge by ander mense geleer, nie by Christus nie. Die dinge wat hulle sê, kom van die geeste wat dink dat hulle sterk is en oor die wêreld kan regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wees baie versigtig dat niemand julle in die verkeerde rigting lei nie. Sulke mense gebruik allerhande teorieë en argumente wat slim klink, maar eintlik is dit net ’n leë klomp bedrog. Baie van hierdie idees het die mense sommer self uitgedink. Die een vertel dit vir die volgende een en later glo almal dit. Die res kom van die onsigbare magte af wat in die wêreld aan die werk is. Nie een van dié idees stem ooreen met wat Christus sou sê nie.