Colossians 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gewortel en opgebou in Hom, en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, en oorvloedig daarin met danksegging. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging. |
| Afrikaans 1983 | in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedig is in dankbaarheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Christus maak julle geloof sterk, soos 'n wortel 'n boom sterk maak en soos 'n fondament 'n huis sterk maak. En julle moet aanhou om die dinge te glo wat julle geleer het, en julle moet altyd vir God dankie sê vir alles. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle verhouding met Hom moet so heg en intiem wees soos die band tussen ’n boom en die aarde waaruit dit groei. Soos ’n huis wat op ’n sterk fondament gebou word, moet julle julle lewe op Jesus bou. Staan onwrikbaar vas in dit wat julle glo, soos julle geleer is. Doen dit terwyl julle gedurig vir God dankie sê en Hom eer. |