Colossians 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want al is ek afwesig in die vlees, tog is ek by julle in die gees, en verheug en aanskou julle orde en die standvastigheid van julle geloof in Christus.
Afrikaans (NLV) 2011 Al is ek nie persoonlik teenwoordig nie, is ek in die gees by julle. Ek is bly om te sien hoe ordelik julle is en hoe vas julle geloof in Jesus Christus is.
Afrikaans 1933/1953 Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus.
Afrikaans 1983 Al is ek nou nie persoonlik daar nie, is ek tog in die gees by julle en is ek bly om te sien dat julle die goeie orde handhaaf en dat julle geloof in Christus stewig vas staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al is ek wel nie liggaamlik teenwoordig nie, is ek in die gees by julle, en baie bly om te sien hoe ordelik julle optree, en hoe vas julle geloof in Christus is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is ver van julle, maar dit voel vir my of ek daar by julle is. Ek is bly om te weet dat julle lewe soos God wil hê en dat julle regtig vas glo in Christus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is dalk wel nie persoonlik daar by julle nie, maar in my gees is ek tog saam met julle. Ek praat dus nie sommer as ek sê dat ek baie bly is oor die ordelike en stylvolle manier waarop julle dinge doen nie. Ek is net so bly daaroor dat julle nie ’n duim toegee nie, maar rotsvas bly staan wanneer dit kom by wat julle oor Jesus glo.