Colossians 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n feesdag of nuwemaan of sabbat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moet dus nie toelaat dat enigiemand julle veroordeel oor wat julle eet of drink, of oor die vier van sekere feesdae of die Nuwemaanfees of Sabbatte nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie, |
| Afrikaans 1983 | Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet dus nie dat iemand julle oordeel oor wat julle eet of drink, of oor 'n fees, 'n nuwemaansfees of 'n Sabbat nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet niemand sê julle doen verkeerd wanneer julle nie dieselfde dinge eet en drink wat hulle eet en drink nie, en wanneer julle nie die feeste, die Nuwemaan-fees en die Sabbatdag vier nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet julle ook nie steur aan mense wat met dik reëlboeke na julle toe kom en vir julle voorlees hoe godsdienstige mense eintlik moet leef nie. Hulle sal julle presies wil vertel wat julle mag eet of drink en wat nie; om nie eens te praat van die berg voorskrifte vir die feeste wat julle deur die jaar moet vier nie. En dan is daar die sabbat! Ai, hulle sal julle tot in die fynste besonderhede wil voorskryf hoe julle die sabbat moet vier. |