Colossians 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In wie julle ook besny is met die besnydenis wat sonder hande gedoen is, deur die liggaam van die sondes van die vlees af te lê deur die besnydenis van Christus;
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat julle één is met Christus is jul­le ook be­sny, nie met ’n besnydenis deur men­se nie, maar met die besnydenis van Christus. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige geaardheid.
Afrikaans 1933/1953 in wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,
Afrikaans 1983 Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis deur mensehande nie, maar deur die besnydenis van Christus, waardeur julle sondige bestaan weggeneem is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle behoort aan Christus. Soos wanneer mense iemand besny, so het Hy julle lus om sonde te doen, heeltemal weggevat. Dit is wat die besnydenis van Christus is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar wat kry julle alles by Hom? Wat gee Hy aan julle sodat julle niks kortkom nie?