Amos 9:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, Ek gee bevel, en Ek sal die huis van Israel onder al die nasies sif, soos koring in 'n sif gesif word, maar daar sal nie die minste koring op die aarde val nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk, Ek het beveel dat Israel rondgeskud moet word tussen al die nasies soos koring in ’n sif. Maar nie een korrel sal op die grond val nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in 'n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan die bevel gee en vir Israel skud tussen die nasies soos graan in 'n sif geskud word, en nie 'n korrel sal op die grond val nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ja, kyk, Ek gee bevel, en Ek gaan onder al die nasies die huis van Israel skud asof hy in 'n sif geskud word, maar nie 'n klippie sal op die grond val nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vir die volke sê wat hulle moet doen. Ek sal die Israeliete tussen die volke skud soos 'n mens koring in 'n sif skud. Die koringkorrels sal nie deur die sif op die grond val nie. So sal Ek die Israeliete skud in die sif. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gesê dat die Israeliete tussen die nasies ingegooi moet word. Hulle moet onder die nasies rondgeskud word soos koring in ’n sif geskud word. Maar daar mag nie een enkele korreltjie uit die sif val en op die grond beland nie. |