Amos 9:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, die oë van die HERE HERE is op die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aarde af vernietig; behalwe dat Ek die huis van Jakob nie met die banvloek sal tref nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek, die oppermagtige Here, hou die sondige koninkryk dop.” Hy sê: “Ek sal hulle verwyder van hulle grond. Tog sal Ek nie die nageslag van Jakob heeltemal uitwis nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, die oë van die Here HERE is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek, die Here God, hou die sondige koninkryk dop, Ek gaan hom wegvee van die aarde af! Maar tog, Ek sal nie die nageslag van Jakob heeltemal uitroei nie, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, die oë van my Heer, die Here, is gerig op die sondige koninkryk. “Ek sal dit van die aardbodem af uitroei; nogtans sal Ek die huis van Jakob nie heeltemal uitroei nie,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou sien Ek die Israeliete is 'n volk wat baie sonde doen. Ek sal hulle wegvee van die aarde af! Maar Ek sal hulle nie almal doodmaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My Heer, die Here, hou die koninkryk dop wat so in die sonde verval het. “Ek sal hom laat wegraak,” sê die Here, “maar Ek is glad nie van plan om die nageslag van Jakob heeltemal uit te wis nie. |