Amos 9:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is julle nie vir My soos kinders van die Kusiete nie, o kinders van Israel? spreek die HERE. Het Ek Israel nie uit Egipteland laat optrek nie? en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is julle wat Israeliete is nie maar net soos die Kussiete nie? vra die Here. Het Ek nie vir Israel uit Egipte laat trek, maar ook die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Is julle nie vir My soos die kinders van Kus nie, o kinders van Israel? spreek die HERE. Het Ek Israel nie laat optrek uit Egipteland en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie? |
| Afrikaans 1983 | Julle Israeliete is vir My nie anders as die Kussiete nie, sê die Here. Ek het vir Israel uit Egipte laat trek, maar ook die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Israeliete, is julle nie maar vir My soos die Kussiete nie?” is die uitspraak van die Here. “Het Ek nie Israel uit Egipteland laat optrek en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Israeliete, julle is vir My soos die mense van die land Kus. Julle is nie anders nie. Dit is waar, Ek het die Israeliete uit Egipte gebring, maar Ek het ook die Filistyne uit die eiland Kaftor gebring en Ek het die Arameërs uit die land Kir gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dink die Israeliete dat hulle vir My belangriker is as die Etiopiërs?” vra die Here. “Ek het wel Israel uit Egipte laat wegtrek. Maar Ek het net so die Filistyne uit Kreta laat kom en die Siriërs uit Kir.” |