Amos 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is hy wat sy stories in die hemel bou en sy bende op die aarde gegrond het; hy wat die waters van die see roep en dit op die aarde uitgiet: die HERE is sy Naam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here bou sy bovertrekke in die hemel en lê die fondament van die hemelkoepel op die aarde. Hy roep die waters uit die see en giet die reën oor die aarde. Sy Naam is: “Die Here!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, HERE is sy Naam! |
| Afrikaans 1983 | Die Here bou sy bokamers in die hemel en lê die hemelkoepel se fondament op die aarde, Hy roep die waters van die see en giet hulle oor die aarde uit. Sy Naam is Here! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy wat in die hemel sy bokamer bou en sy hemelkoepel op die aarde vestig; wat die water van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde – Here is sy Naam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Hom 'n huis gebou hoog in die hemel. Hy het die ronde dak oor die aarde gesit. Hy bring die wolke uit die see en Hy laat dit reën op die land. Sy Naam is die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here bou vir Hom ’n solder bo in die hemel. Hy maak sy kelder onder op die aarde. Hy roep die see bymekaar en Hy giet reën uit oor die aarde. Sy Naam is “Die Here”. |