Amos 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE van die leërskare is dit wat die land aanraak, en dit sal smelt, en almal wat daarin woon, sal treur; en dit sal heeltemal opkom soos 'n vloed; en sal verdrink soos deur die vloed van Egipte.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here is die Here, die Almagtige. As Hy aan die aarde raak, smelt dit weg. Dit laat al die bewoners op die aarde treur. Soos die Nyl in Egipte in vloedtyd styg alles op en sak weer terug.
Afrikaans 1933/1953 Ja, dit is die Here HERE van die leërskare wat die aarde aanraak, sodat dit bewe en almal treur wat daarop woon; en dit sal in sy geheel oprys soos die Nyl en wegsak soos die rivier van Egipte.
Afrikaans 1983 Die Here my God, die Almagtige, raak die aarde aan en dit smelt weg, en almal wat daarop woon, treur; die hele wêreld kom in beroering soos die Nyl en sak weer weg soos die rivier van Egipte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My Heer, die Here, Heerser oor alle magte, Hy wat die aarde aanraak en dit sidder, sodat almal wat daarop woon, treur, en dit styg in sy geheel soos die Nyl en sak terug soos die rivier van Egipte;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here regeer oor alles. Wanneer Hy aan die aarde raak, dan smelt dit, en almal wat op die aarde woon, huil en treur. Al die mense in die land sal skrik en wegvlug soos die water in die Nyl-rivier wat vol word en wegloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die Here, die God wat baie sterk is, selfs net saggies aan die aarde raak, skud die hele aarde. Almal wat daarop woon, begin treur. Alles kom aan die beweeg soos wanneer die Nyl met geweld afkom en ’n spoor van verwoesting agterlaat wanneer dit weer terugsak na waar dit vroeër was.